Flip Flops
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Vanaf R2 630 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Flip Flops is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorghuis vir tot 7 mense, en is net 200 m vanaf die see in Agulhas, die mees suidelike dorp in Afrika.
Die verblyf beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. 2 van die slaapkamers is in die huis geleë en het elk 'n dubbelbed en 2 matrasse met beddegoed vir kinders is op versoek beskikbaar. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort.
Die derde aparte slaapkamer is ingerig met 'n stapelbed en 'n enkelbed, en het 'n badkamer met 'n toilet, asook 'n klein kombuisie. Gerieflikheidshalwe word beddegoed voorsien en gaste moet asseblief hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
Die hoofhuis se kombuis is volledig toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word. Die sitkamer het 'n kaggel en is toegerus met 'n TV wat gratis kanale bied. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv saam te bring; ongelukkig is daar geen poorte vir PVR-dekodeerders nie.
Gaste het toegang tot 2 buitebraai-areas, 1 aan die voorkant van die eiendom en die ander aan die agterkant, en troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word. Neem asseblief kennis dat die gebruik van die motorhuis nie by die huur ingesluit is nie.
Gaste kan ontspan, visvang of swem in die rotspoel in L'Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika besoek of die vuurtoring uitklim om 'n ongelooflike uitsig te geniet. Meer doendinge in die area sluit restaurante, strande, swem, fietsry, bergfietsry, visvang, voetslaan, walviskyk, duik tussen skeepswrakke en vele meer in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Jeanne Geverifieer
Eiendomme 31
Resensies 84
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Flip Flops het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Agulhas Struisbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wesselstraat 7, L'Agulhas, 7280, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang