Forest Dome
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
- Vanaf R2 850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Forest Dome is in Tsitsikamma geleë en bied unieke en boeiende verblyf in die pragtige Misty Mountain Reservaat. Hierdie dome-tent bied 'n onvergeetlike glanskampervaring wat vir beide avontuur en gerief sal sorg.
Dié dome het 'n dubbelbed, TV met Netflix en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 'n paadjie wat tussen die bome skuil en na 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak lei. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Hierdie paadjie lei ook na 'n Jacuzzi en 'n kombuisie wat met 'n yskassie, mikrogolfoond en 'n broodrooster toegerus is. Hierdie luukse dome bedien 'n a la carte- en kontinentale ontbyt. Die ontbyt is ook in die kamer beskikbaar. Daar is 'n gesinsvriendelike restaurant wat in Afrika-kookkuns spesialiseer en ook vegetariese, suiwel- en glutenvrye opsies bied.
Die omgewing spog met pragtige natuurskoon, nabygeleë staproetes en daar is 'n buitesitarea met 'n asemrowende uitsig op die berge. Die houtdek het ook sonstoele. WiFi en battery-ligte is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot Misty Mountain Reservaat se swembad en restaurant.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Misty Geverifieer
Eiendomme 10
Resensies 40
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas 438, Stormsrivier, Tsitsikamma, 6308, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang