From the Nest Beachfront Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dek-weg 109, La Vista, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
From the Nest Beachfront Apartment bied gemaklike selfsorgverblyf in 'n smaakvol gemeubileerde drieslaapkamerwoonstel met 'n pragtige uitsig oor die see en die strandmeer. Die woonstel is in 'n klein, veilige kompleks in Mtwalume aan KwaZulu-Natal se Suidkus en maak van sonkrag gebruik om beurtkrag te verlig.
Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Daar is 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n ander slaapkamer met 2 enkelbeddens. Beide bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Die woonstel het ook 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -kroegarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, koffiemasjien en 'n mikrogolfoond toegerus. Daar is 'n slim-TV met DStv Premium in die sitkamer. Die leefarea lei na 'n lieflike houtdek met braaigeriewe en asemrowende uitsigte oor die see en die strand.
Langs die woonstel is 'n grasarea met 'n gemeenskaplike trampolien en 'n klimraam. Die kompleks bied pragtige tuine en 24 uur-sekuriteit, sowel as 2 gemeenskaplike swembaddens wat gaste kan geniet.
Die kompleks is direk bokant die strand, wat ideaal is vir swem in die see of in die getypoel. Die Mtwalume-rivier vloei direk in die oseaan en is ideaal vir watersport, soos jetski, vlieërbranderry, boot- of kanovaart. Visvang en spiesvisvang is ook gewilde doendinge. Hibberdene is 12,5 km ver en Shelly Beach is 44,6 km ver. In die teenoorgestelde rigting is Scottburgh 33,1 km ver.
Gaste kan nabygeleë dorpe verkern en verskeie watersportsoorte, soos jetski, vlieërbranderry, bootvaart en kanovaart in die Mtwalumerivier wat in die see vloei, geniet. Verskeie geleenthede vir visvang en spieshengel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Cameron Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Dek-weg 109, La Vista, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
- Gaste dink From the Nest Beachfront Apartment het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Mtwalume Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Dek-weg 109, La Vista, Mtwalume, 4186, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang