Gansogie
Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2025 tot 3 Jul 2025.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 1 kind, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 620 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Gansogie is 'n bekoorlike privaat selfsorghuis in Calvinia. Die huis is oorkant die Laerskool geleë en binne stapafstand van winkels en verskeie sakeondernemings in die area en is ideaal vir gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf met maklike toegang tot plaaslike geriewe. Hoe groter die groep, hoe billiker is die tariewe per persoon.
Dié huis het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 1,5 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens en 'n bababedjie het. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is ook 'n enkelbed vir 'n kind. Hulle deel die gebruik van 'n badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die eetarea het 'n lieflike etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye kan geniet en strek verder na die sitkamer wat met gemaklike rusbanke gemeubileer is.
Dié eiendom beskik oor 'n lieflike onderdakstoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Dié eiendom is beveilig met diefwering en 'n alarmstelsel en gaste kry twee onderdakparkeerplek op die perseel. Die eiendom bied ook twee ekstra parkeerplekke, beskut onder 'n koelteboom.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Mandie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 7 maande
Ligging
- Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink Gansogie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 1 kind, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stasieweg 9, Calvinia, 8190, Noord-Kaap