Garrick House
Kry 10% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 30 Sep 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 17 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Garrick-singel 26, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R700R630 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Garrick House bied selfsorgverblyf in 'n stil woonbuurt in Pennington. Hierdie verblyf word gebied in 'n huis, 'n tweeslaapkamerkothuis en 'n eenslaapkamerkothuis. Almal is volledig privaat Dit is in 'n bewarea geleë en spog met 'n lowerryke tuin vol voëllewe. Die huis het 'n sonkragstelsel wat die WiFi gedurende beurtkrag kan aandryf. Daar is ook 'n watertenk.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 7 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en daar is 'n stort in die en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 driekwartbeddens het. Die vierde slaapkamer het 'n enkelbed. Daar is 2 gedeelde badkamers, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, diepvrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond en 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n TV met Openview-kanale en gaste kan na die volle DStv-pakket opgradeer teen 'n ekstra koste. Die tuin het 'n lieflike swembad, 'n gazebo en 'n braaigeriewe. Veilige onderdakparkeerplek agter 'n elektriese hek is beskikbaar. Die huis is troeteldiervriendelik met 'n toe area om troeteldiere veilig te hou.
Die kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. 'n Kinderbank vir 1 is beskikbaar. Die kothuis beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea. Daar is 'n waaier, asook lugversorging in die sitarea. Dit het 'n slaapbank vir kinders onder die ouderdom van 12. Daar is ook 'n TV met 'n OpenView-dekodeerder. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring (maar dit is nie versoenbaar met die Extra View-dekodeerder nie). Volledige DStv kan teen 'n ekstra koste gereël word.
Streamview-kothuis het slaapplek vir 4 volwassenes en 1 kind. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Dit beskik oor 'n oopplan-sitarea en -kombuis met 'n wasmasjien en skottelgoedwasser, asook lugversorging. Die slaapkamers het ook waaiers. 'n Satellietdekodeerder en TV is beskikbaar. Indien gaste volle DStv wil hê, kan hulle hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.
Die verblyf is binne maklike bereik van 'n troeteldiervriendelike strand waar gaste watersport kan geniet of bloot ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Maria Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 16
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Garrick-singel 26, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Garrick House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pennington Kelso KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 17 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Garrick-singel 26, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang