Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Genie's Nest

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Vanaf R500 R450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Genie's Nest is in 'n stil area in Villiera in die Jakarandastad, Pretoria. Dit is sentraal geleë en bied aan gaste die geleentheid om langs die swembad uit te span en te braai.

Daar is 4 selfsorgeenhede wat elk 'n dubbelbed het en geskik is vir tot 2 gaste. Vier eenhede het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en Eenheid 5 het 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Eenheid 5 is 'n groot selfsorgwoonstel met 'n sitarea en 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n etenstafel met 4 stoele toegerus is. Die ander 4 eenhede het elk 'n kombuisie wat met verhit-en-eetgeriewe toegerus is. Elke eenheid het 'n TV met die volle DStv-pakket en daar is gratis WiFi.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad en 'n lapa met 'n buitetafel en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 62 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.3
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Carin M
Gesin met tieners
5.0
Fantasties! Ons het van meet af goeie diens gekry. Die kamers was toegerus met alles wat ons gedurende ons verblyf kon nodig kry. Alles was skoon en n...
Sien meer
Sep 2024
Rosie E
Saam met lewensmaat
5.0
Sal genies nest aanbeveel. Ons sal Genie's Nest aanbeveel. Ons moes vroeër ons goed gaan aflaai met 'n troue wat ons daar naby gehad het en die gashee...
Sien meer
Mrt 2024
Laetitia P
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic! Mooiste plek om te bly, skoon en die eienaar is so vriendelik.
Mrt 2024
Henry F
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Baie lekker plek. Skoon en vriendelike personeel. Alles wat jy nodig het vir selfsorg is daar.
Des 2023
Ulanda B
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige, rustige plekkie. Baie lekker gebly. Dit was gerieflik en netjies. Die parkering is bietjie klein, maar dis nie so erg nie. Verder was dit ba...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Gene Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 103

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Genie's Nest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R500
R 500 R 450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R500
R 500 R 450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pierneefstraat 1082, Villiera, Pretoria, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAed2f557b311cdcc5cecf7f0d1a34e37c282cc8ab7d1c00d01b818e07ccd05d16947790b59c6c92b01bc69659b6353def87db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R500 nouVanaf R450 per nag (plek vir 2) 62 5 1 5 1082 Pierneef Street Villeria 0186 Gauteng 021 201 8901 13:00-20:00 10:00 -25.721855547143 28.238450966998

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang