Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Getaway Self-Catering Panorama

  • Kapasiteit: 29 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hennie Winterbach-straat 1, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R925 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Getaway Self-Catering Panorama bied selfsorgverblyf in Panorama in die Noordelike Voorstede van Kaapstad. Dit is net 2 km van verskeie restaurante, wegneemeteplekke en winkelsentrums af.

Die ligging is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf om Kaapstad te verken, familie te besoek, of sommer net vir werk. Dit is ook net 600 m van die Panorama MediClinic af wat ideaal is vir pasiënte wat verblyf soek vir voor of na mediese prosedures.

Verblyf word aangebied in 7 woonstelle wat wissel van oopplan-ateljeewoonstelle tot drieslaapkamerwoonstelle. Daar is altesaam slaapplek vir 25 gaste. Die woonstelle is volledig gemeubileer en het gemaklike beddens, rusbanke, etenstafels, badkamers, DStv en gratis, onbeperkte WiFi. Die kombuis in elke eenheid is met die nodige toestelle, eetgerei en breekware toegerus.

Geriewe op die perseel sluit braaigeriewe, buitemeubels en swembaddens by sekere woonstelle in. Veilige parkeerplek of parkeerplek op die perseel is ook beskikbaar.

Nabygeleë aktiwiteite sluit perdritte by Mountain View Horse Trails in asook wynproe by De Grendel-wynplaas wat net 3 km van die instansie af is. Gaste kan ook die strande by Eden on the Bay en Bloubergstrand besoek sowel as die bergfietsroetes op die omliggende plase of die voetslaanpaaie in die berge in die omgewing verken.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Alfred B
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic. Very good, thank you. Will recommend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024
David-jon V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons was nie lank daar nie, maar dit was maklik om te kry en ons het nie lank hoef te wag nie, dit was pas gelee en naby. Ons het dit baie geniet. Dank...
Sien meer
Mrt 2024
Billy R
Saam met lewensmaat
5.0
Verblyf was uitstekend. Verblyf was uitstekend.
Feb 2024
Geoffrey G
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer daar gaan bly. Baie aangename plek en netjies.
Feb 2024
Abigail C
5.0
Uitstekend. Ons het ons tyd baie geniet.
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Nico Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 119

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hennie Winterbach-straat 1, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Getaway Self-Catering Panorama het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 925
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 925
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 29 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hennie Winterbach-straat 1, Panorama, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA790508333bfc0648fe2735ba0e6b723639aa5402964fa0756fc84a9e6a221b56b4422c3af7798475ebeedbdaca01e1d89d51?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R925 per nag, vir 2 mense 72 5 1 5 1 Hennie Winterbach Street Panorama 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.884137150214 18.573800027334

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang