Glenfinnan Guest House
Kry 45% af vir verblyf wat 25 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roode Vos-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 450R798 per nag (plek vir 2) -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Glenfinnan Guest House is in Langebaan in die Weskus van Suid-Afrika geleë. Dié strandmeerparadys is gemáák vir natuur- en watersportliefhebbers. Van die doendinge hier sluit voëlkyk, swem, seilplank- en vlieërbranderry, bootvaarte, kajak, en kanovaartte in, en gholfliefhebbers kan hulle gate uit geniet by Langebaan se buiteklub, minder as 5 minute van die gastehuis af. Verder is daar natuurwandelinge en voëlskutte, en die Weskus Natuurreservaat met die bekende Postberg en veldblomme is op jou drumpel. Dit is 'n puik wegbreekbestemming.
Due gastehuis het 3 en suite-kamers en 'n selfsorgwoonstel. Elke kamer het 'n koningingrootte-bed of 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n super koninggrootte-bed omskep kan word sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort.
Geriewe in die kamer sluit komplimentêre toiletware, japonne vir verblyf langer as 5 dae, 'n haardroër, toesluitkluis, yskassie met komplimentêre bottelwater, tee- en koffiemaakgeriewe, WiFi en 'n privaat TV met DStv-kanale in. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.
Doendinge in die omgewing sluit perdry, visvang, voëlkyk, wynproe, fietsry, wildritte, wildkyk, bergfietsry en swem in. Glenfinnan Guest House is ook lekker naby die winkels, restaurante, en 'n kunsgalery, en die toegangspoort tot die Weskus is net 5 minute se ry van hier af.
Glenfinnan Guest House bied verblyf onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en dus kan al die elektronika, ligte en die internet tydens beurtkrag gebruik word.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Russies
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Nico & Asel Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Roode Vos-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Glenfinnan Guest House het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Roode Vos-singel 15, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang