Glyndale Sands 402
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Stafford-laan, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 650R1 403 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Glyndale Sands 402 is ’n moderne selfsorgwoonstel op die grondvierdieping. Dit bied verblyf aan vakansiegangers in die Glyndale Sands-kompleks in Uvongo, ’n vakansie-kusdorpie op KwaZulu-Natal se Hibiskus-kus. Hierdie vriendelike dorpie het ’n ontspanne atmosfeer met ongerepte strande en suptropiese plantegroei. Gaste kan dae op die strand spandeer, of die wildbewarings-origanisasies, restaurante, winkels, natuurreservaat en gholfbane verken. Die kompleks het toegang tot die strand en het 'n paadjie wat ook vir gaste in rolstoele geskik is.
Hierdie woonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, ’n oopplan-kombuis en -sitarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, ’n koninggrootte-bed en ’n TV met ’n plat skerm wat premium DStv-kanale het. Daar is ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en dubbelwasbakke. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het ’n dubbelbed. Hierdie 2 kamers deel die gebruik van ’n badkamer wat ’n bad, stort, toilet en wasbak het. Badhanddoeke word vir 6 gaste voorsien.
Daar is ’n moderne kombuis vir ’n sjef wat vir selfsorg toegerus is met ’n skottelgoedwasser, wasmasjien-tuimeldroër, Defy-oond, vierplaat-glasstoof, ’n yskas-vrieskas met ’n dubbeldeur en ysmaker, mikrogolfoond met roosteropsie en genoeg eetgerei en breekware. Die sitarea het ’n gerieflike sitkamerstel en ’n 75 duim slim-TV met ’n plat skerm teen die muur. Dit het premium DStv-kanale. Dakwaaiers is in die sitarea en in al die slaapkamers beskikbaar.
Die sitarea lei na ’n lieflike stoep-area wat ideaal vir ontspan en onthaal is. Daar is buite-meubels en 'n etenstafel met braaigeriewe. Die stoep bied ’n uitsig oor ’n gras-area en bied see-uitsigte.
Boorgatwater is beskikbaar. Gas word voorsien vir die braai-area en daar is 'n klein gasbottel beskikbaar vir algemene kosmaak. Die ligte in die slaapkamers is herlaaibaar. 'n Omsetter hou die TV en DStv aan tydens beurtkrag.
Die kompleks is veilig en daar is ’n gemeenskaplike braai-area en swembaddens, waarvan 1 met sonkrag verhit word. Onderdakparkeerplek is beskikbaar. Daar is gasteparkeerplek vir 1 ekstra voertuig op ’n eerste-gesien-eerste-bedien basis beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Anna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Stafford-laan, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Glyndale Sands 402 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Uvongo Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Stafford-laan, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang