Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Goedgeleë

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Schalk van der Merwe-straat 15, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Goedgeleë is in 'n stil omgewing in die noordelike deel van Fouriesburg geleë. Dié gastehuis spog met pragtige uitsigte oor die Rooiberge, Meiringskloof en die Malutiberge.

Goedgeleë bied puik, vreedsame verblyf in 'n drieslaapkamerhuis. Daar is 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n volledige badkamer met 'n bad, stort en aparte toilet. Twee van die slaapkamers het koninggrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die oopplan-kombuis skakel met die eetkamer en die woonkamer, en is volledig toegerus met alles wat jy nodig het vir selfsorg. Braaigeriewe is beskikbaar in die gerieflike stoeparea met sy asemrowende panoramiese uitsigte op die bergreekse in die omgewing.

Die eetgerei, breekware, beddens en beddegoed is van 'n baie hoë gehalte, daar is 'n houtstofie in die leefarea, en verwarmers en elektriese komberse word in elke kamer voorsien. Ander geriewe sluit in: 'n mikrogolf, yskas-vrieskas en parkeerplek vir 3 motors (die perseel is omhein).

Dié toeristedorpie beskik oor talle noemenswaardige argitektuur, soos ou sandsteen- en ander geboue. Daar is ook verskeie restaurante, kuns- en kunsvlytwinkeltjies en algemene handelaars vir alledaagse aankope.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 84 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Johannes W
Saam met vriende
5.0
Baie lekker gebly. Prima verblyf. Baie lekker gekuier. Sal die plek by enige iemand aanbeveel.
Aug 2024
Charalaine B
Saam met lewensmaat
5.0
Eenheid is baie netjies en skoon, en het alles wat jy nodig het. Naam is goed geleë.
Jun 2024
Vicky G
Gesin met klein kinders
5.0
Rus vir siel. Alles was perfek, die uitsig en stoep steel jou hart. Ons kom kuier graag weer.
Mrt 2024
Jodine S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gebly. Ons het baie lekker gebly. Die plekkie is beautiful.
Des 2023
Charmaine V
Saam met vriende
5.0
Fantasie! Wat 'n belewenis. Gasvryheid uit boonste rakke. Linda en Susan het uit hul pad gegaan om alles vir ons net lekker te maak. Sal definitief we...
Sien meer
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Suzan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 84

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Schalk van der Merwe-straat 15, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Goedgeleë het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 550
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Schalk van der Merwe-straat 15, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQwMTU2YmUwLTBkN2ItNDFmYS04NzU5LWQwZjljOGZjMzgwZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense 84 5 1 5 15 Schalk van der Merwe Street Fouriesburg 9725 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -28.615193522335 28.211995483467

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang