Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Golf Lodge 116

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point-rylaan 1, Golf Lodge 116 Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Golf Lodge 116 is 'n bekoorlike villa op die bekende Pinnacle Point Gholflandgoed en bied ruim, gerieflike selfsorgverblyf met 'n asemrowende uitsig oor die see en pragtig aangelegde tuine. Hierdie villa is die perfekte toevlugsoord vir familie en vriende wat 'n rustige wegbreek soek.

Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne, sagte handdoeke en ander noodsaaklikhede word voorsien. Die verblyf het ook 'n omsetterstelsel.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n kaggel, 'n TV en gemaklike rusbanke. Dié area lei na 'n vermaakarea met sitplek en 'n ingeboude braai.

Gratis WiFi en veilige parkeerplek is beskikbaar. Die landgoed bied 'n wye verskeidenheid geriewe, insluitend 'n gemeenskaplike swembad, 'n plonspoel vir kinders, 'n gesinsvriendelike restaurant langs die krans, die La Vita Spa en fiksheidsentrum, 'n speelpark vir kinders, 'n oefenbof, konferensiegeriewe en die grootste mosaïektonnel in die Suidelike Halfrond.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Kaggel

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Hannelie Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 9

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Pinnacle Point-rylaan 1, Golf Lodge 116 Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pinnacle Point-rylaan 1, Golf Lodge 116 Pinnacle Point Gholflandgoed, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0f4cfa85824691b8152e9be2e1be9a3dcab9603e40e3ffb6de84dd6835cc56160b302b47a73f28f62725eb2083c32ae1e33?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6) 1 Pinnacle Point Drive Golf Lodge 116 Pinnacle Point Golf Estate 6511 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.197137 22.090359

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang