Goose Valley Q7
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goose Valley Gholflandgoed, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
Goose Valley Q7 is 'n selfsorgwoonstel op die veilige Goose Valley Gholflandgoed in Plettenbergbaai. Die woonstel het 'n uitsig oor die gholfbaan en is naby die dorp se besienswaardighede en geriewe.
Dié woonstel is op die eerste verdieping en is geskik vir 4 volwassenes en 'n kind. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer lei na 'n balkon en het 'n koningingrootte-bed, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed met 'n dubbelbed onder en enkelbed bo. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is met al die nodige toebehore om kos mee gaar te maak toegerus en daar is ook 'n wasmasjien. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel, banke en 'n TV vir mediavermaak. Daar is skuifdeure wat na die balkon lei vanwaar gaste gholfbaan-uitsigte kan geniet. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Die landgoed is 4 km vanaf Keurbooms-strandmeer, Poortjiesstrand, winkels, restaurante en ander geriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Michelle Geverifieer
Eiendomme 25
Resensies 22
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Goose Valley Gholflandgoed, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Goose Valley Q7 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Goose Valley Gholflandgoed, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap