Green Door Guest Cottage - Noorderstraat
- Kapasiteit: 9 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Green Door Guest Cottage - Noorderstraat bied selfsorgverblyf in Parys aan. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby verskeie geriewe in die dorp.
Die akkommodasie by hierdie eiendom word in 'n kothuis en 'n aparte gaste-suite, wat deel uitmaak van die hoof-gastehuis, aangebied. Die kamer en die kothuis kan saam of apart bespreek word. Die kothuis is op 'n pypsteelerf geleë en die erf word gedeel. Albei eenhede het 'n privaat ingang en 'n oprit, en daar is 'n motorafdak vir 2 voertuie. Die kothuis is beveilig met 'n 3 meter hoë muur en dit maak ook dat die erf baie privaat is.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n badkamer oorkant die kamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die leefkamer is ruim en dit bevat 'n ekstra enkelbed vir 'n vyfde persoon. Daar is ook 'n TV en WiFi.
Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is ook 'n aparte opwaskamer om van gebruik te maak. Koffie- en teemaakgeriewe word voorsien en so ook handdoeke, seep, sjampoe en 'n haardroër. Die kothuis het 'n voorstoep met sitplek en braaigeriewe vir gaste se gebruik. Die parkeer-area het sekuriteitskameras, asook laserstraal-sekuriteit by die motorhek.
Die gaste-suite is in die hoofhuis, maar dit het sy eie oulike en private sinkplaat-stoepie. Die suite bestaan uit 2 kamers wat 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer kan apart deur 2 volwassenes bespreek word, maar die tweede slaapkamer moet saam met die hoofkamer bespreek word omdat dit 'n badkamer deel. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed, plattelandse antiekstukke, 'n yskassie, beperkte eetgerei en breekware, 'n tee- en koffiestasie en 'n TV met Netflix en YouTube. WiFi word voorsien. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, maar enkelbeddens kan vir 'n verblyftydperk van langer as 1 nag versoek word. Die parkeer-area het sekuriteitskameras, asook laserstraal-sekuriteit by die motorhek. Slegs klein skoothondjies word toegelaat in die kothuis, maar geen troeteldiere word in die gastesuite toegelaat nie.
Hierdie eiendom is naby Green Door Cottage (die een in Venusstraat en die een in Loopstraat) geleë wat ook deur dieselfde eienaar bestuur word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Milinda Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 65
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Green Door Guest Cottage - Noorderstraat het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 9 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Noorderstraat 74, Parys, 9585, Vrystaat
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang