Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenways Beachfront Apartments and Studio

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Muirfield-singel 50, Greenways Golf Estate, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Greenways Beachfront Apartments and Studio is op die Greenways Gholflandgoed in die Strand. Elke eenheid het sy eie ingang en is deel van 'n luukse seekant-villa.

Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat apart bespreek kan word en het slaapplek vir 10 gaste.

Die luukse woonstel is die hoofdeel en die eienaar se deel van die villa. Daar is 2 dubbelslaapkamers met en suite-badkamers en 'n gaste-toilet, 2 sitareas, 'n eetarea en 'n oopplan-kombuis met 'n aparte opwaskamer. Dit is slegs beskikbaar met spesiale geleenthede.

Die woonstel is ingerig vir 4 gaste en het 2 ruim slaapkamers en 1 moderne badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, stoof, yskas, broodrooster en 'n ketel. Die oopplan-leefarea bied gemaklike sitplek, 'n TV met volledige DStv-kanale en 'n etenstafel met sitplek vir 4. Buite is daar 'n privaat balkon en 2 sonstoele langs die swembad.

Die ateljeewoonstel is op die onderste verdieping, het 'n aparte privaat ingang en beskik oor 'n ruim area met 'n dubbelbed, 'n moderne badkamer en 'n kombuisie wat volledig toegerus is.

Die villa spog met asemrowende uitsigte oor die strand en die omliggende berge. Gaste het ook toegang tot die privaat swembad en 'n tuin.
Greenways Gholflandgoed se gholfbaan het 9 putjies en daar is tennisbane en 'n klubhuis met 'n restaurant en 24 uur-sekuriteit. Gaan stap gerus langs die veilige strand. Daar is nog gholfbane in die omgewing, en Stellenbosch se wynplase en winkelsentrums is ook naby. Kaapstad Internasionale Lughawe is net 25 minute se ry van die woonstel af. Tafelberg en Kaapstad se middestad is 40 minute se ry van hier af.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Theo L
Saam met lewensmaat
5.0
High class accommodation at a fair price, in great location. Lovely property in a secure complex. Great place to be based to visit the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Karien S
Saam met lewensmaat
5.0
Veilige en pragtige omgewing met die beste gasheer en gasvrou. Ons kom weer. Wat 'n lekkerte was dit om hier tuis te gaan. Beide eenhede is pragtig en...
Sien meer
Mrt 2024
Riaan L
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Ons het ongelooflik lekker gebly, alles was pragtig netjies. Daar was ekstra moeite gedoen, met 'n lekker water, welkom eetdingetjie, lekk...
Sien meer
Feb 2024
Lilian J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer, binne loopafstand van strand, en aangename en vriendelike eienaars. Uitstekende verblyf, netjies.
Mrt 2023
Nataly H
Saam met lewensmaat
4.8
Baie gerieflike en kwaliteit studio-eenheid langs die see. Beslis weer kom. Uitstekend geleë in 'n veilige estate reg langs die see.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Muirfield-singel 50, Greenways Golf Estate, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Greenways Beachfront Apartments and Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Muirfield-singel 50, Greenways Golf Estate, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE2YjU0NjQzLWQyNjktNDVhYi1hMzA2LWI2MTdiOWI1ODcxYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 21 5 1 5 50 Muirfield Cresent Greenways Golf Estate 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1346 18.84234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang