Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenwich Villa

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leighton Hullett-rylaan, Port St Francis Village One Eenheid 24, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Vanaf R850 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Greenwich Villa is 'n selfsorgwoonstel vir 2 volwassenes en 2 kinders onder die ouderdom van 12 in Port St. Francisbaai.

Die oopplan-woonstel op die grondvloer is in 'n sekuriteitskompleks geleë en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en sitkamer. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en 'n dagbed met 'n tweede uittrekbed is beskikbaar vir 2 kinders in die sitkamer. Die woonstel het 'n privaat badkamer met 'n bad. Gerieflikheidshalwe word beddegoed voorsien en gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met Netflix. Ongelukkig is DStv Now nie meer beskikbaar nie weens die onlangse regulasieverandering.

Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area.

Greenwich Villa is naby die swembad geleë, en die kompleks het direkte toegang tot die privaat strand en getypoel vir swem en snorkel. Die kompleks het ook 24 uur-sekuriteit met toegangsbeheer.

St Francisbaai bied 'n verskeidenheid doendinge soos bootry, swem, branderplankry, die dolfyne en walvisse kyk, gholfspeel by die St Francisbaai-gholfklub, of om een van die voetslaanroetes in die area te verken. Gaste kan ook Cape St Francis-vuurtoring en die Irma Booysen Flora-reservaat besoek om die plaaslike fynbos te besigtig.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Kinderbed vir 2

Badkamer

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Charl V
Gesin met klein kinders
5.0
Pure lekkerte. Baie lekker gebly en my kinders het die area baie geniet met die privaat strandjie.
Des 2023
Marlon M
Gesin met klein kinders
5.0
Very well located. We went there during a weekend when everyone had storms, so we couldn't enjoy the outdoors as much as we wanted to. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2023
Carika Venter V
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely. Spacious. Quiet. Good service, quick response. Lovely place to just chill.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2023
Hendrik D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese woonstel in 'n pragtige kompleks. Die gasvrou het ons goed bygestaan met ons aankoms. Die woonstel was puik. Dit is aanbeveelbaar vir va...
Sien meer
Mrt 2023
Jenna B
Gesin met klein kinders
5.0
Right on the beach. We had a lovely time at Greenwich Villa and were pleasantly surprised that the complex had such a lovely, private b...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Dalene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Leighton Hullett-rylaan, Port St Francis Village One Eenheid 24, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
  • Gaste dink Greenwich Villa het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 850
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Leighton Hullett-rylaan, Port St Francis Village One Eenheid 24, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82890721d532cafb33812311d388ef3a6b061b67099d31418e7df74854051266d51e86943880bf25b929979be5aeff9b8c18?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag, vir 4 mense 21 5 1 5 Leighton Hullett Drive Port St Francis Village One Unit 24 6312 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 09:00 -34.183292948115 24.849124984024

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang