Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Grobbies Inn

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Myrtle-straat 17, Noorsekloof, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Grobbies Inn is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Noorsekloof, Jeffreysbaai geleë is. Dit is 'n goeie opsie vir 'n klein gesin wat die area wil verken.

Dié woonstel het gemaklike slaapplek vir 5 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. 'n Buitetoilet is ook beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, boksvrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Buite is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans te ontspan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie huis is ongeveer 550 m vanaf die see en 2 km vanaf die hoofstrand.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

4

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Myrtle-straat 17, Noorsekloof, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Myrtle-straat 17, Noorsekloof, Jeffreysbaai, 6331, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA00db8c256331981e6e0a281cb0edc8fb954d7997246492b598d9463739e4609a969fe3fe6fea7162f6436b7f0b5316ca63be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 5) 17 Myrtle Street Noorsekloof 6331 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.038932 24.9225081

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang