Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Guinea Fowl Cabanas

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Steenboklaan 3560, Marlothpark, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Guinea Fowl Cabanas is in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf vir paartjies, afgetredenes of 'n groep vriende. Dié natuurreservaat is aan die oewer van die Krokodilrivier, wat aan die Krugerwildtuin grens, geleë. Guinea Fowl Cabanas is net sowat 800 m van die rivier af.

Verblyf word in 2 grasdak-eenhede langs mekaar aangebied. Elke eenheid het slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens, sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n oopplan-kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Elke eenheid het 'n plafonwaaier en 'n staanwaaier vir warm somersdae. Daar is ook 'n TV met DStv Premium.

Elke eenheid lei na 'n onderdakstoep met 'n houttafel met 2 bankies en 2 gemakstoele, sowel as 'n ketelbraai en 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie. Daar is ook 'n braaier vir 'n houtvuur by die stoep.

Daar is 'n plonspoel waarin gaste lekker kan afkoel, vir beide eenhede se gebruik.

Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Guinea Fowl Cabanas is ongeveer 19 km vanaf die Krokodilrivierbrug-ingang na die Krugerwildtuin. Gaste kan ook tussen 06:00 en 18:00 langs die rivier stap, draf en fietsry.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Stephanie M
Saam met vriende
5.0
Baie gerieflike verblyf. Eienaar was baie behulpsaam. Lekker gebly, dankie. Al die geadverteerde fasiliteite was beskikbaar.
Nov 2024
Thelna K
5.0
Ek het verskriklik lekker gebly. Dit was heerlik en goed vir my siel.
Sep 2024
Natasha B
Saam met lewensmaat
5.0
A great stay at Guinea Fowl Cabanas - we would definitely return. We had a great stay! I would highly recommend the venue and we saw a ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Kyle P
Saam met vriende
5.0
Heaven on earth with all the animals around. It was absolute bliss. Loved every minute of our stay. Unit is beautiful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Nelia L
Saam met lewensmaat
5.0
Baie mooi, skoon eenheid. Stil geen geraas. Mooi diere gesien. Ja, dankie, was baie lekker.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Laetitia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Steenboklaan 3560, Marlothpark, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Guinea Fowl Cabanas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Steenboklaan 3560, Marlothpark, Komatipoort, 1340, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe65972cf76e10181286db8c7f0d30cd6c1f76a95dc5001feb1dca63c155d068d5e3e7e0312af7080ac9a7a20447fd16ca8eb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 3560 Steenbok Avenue Marloth Park 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -25.3427979 31.804434

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang