Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hampton Selfcatering

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
  • Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Hampton Selfcatering is sentraal geleë in Springs, Oos-Rand en is 'n lieflike vakansiehuis in die stil woonbuurt, Selcourt Enclosure. Dit is ideaal naby winkelsentrums, gewilde restaurante en net 40 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers wat almal op die boonste verdieping is, 2 badkamers, asook 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens en deel die tweede badkamer met 'n bad. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele toegerus is. Langs die kombuis is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike leerbanke en 'n TV met Netflix. Vir diegene wat wil werk, is 'n studeerkamer en gratis WiFi beskikbaar.

Buite is daar 'n lieflike swembadarea met 'n onderdakstoep wat sitplek sowel as 'n ingeboude braai het. Dit is 'n ideale plek vir gaste om ten volle te ontspan. Daar is ook 'n swembad wat gaste kan geniet. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek binne en voor die motorhuis. Tydens beurtkrag het die huis 'n rugsteunkragstelsel wat die meeste van die ligte, TV, Wi-Fi en motorhuisdeure sal laat werk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Natalia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
  • Gaste dink Hampton Selfcatering het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 550
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 2 550
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA759497e847035cc5ea87eb9338cbf091de9aa7b4982605dc260684387aa111dbcfd6d8b879894ce4504fc36c26f8c6fe0ff1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 Hampton Road Selcourt 1559 Gauteng 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -26.305138398075 28.437591630936

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang