Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hananja Lodge and Restaurant

Resensies

3.8/ 5

Gebaseer op 140 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.9
Veiligheid
3.9
Kobus P
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2024

Pragtige plekkie om oor te bly en as basis te gebruik vir 'n paar dae se blomme kyk. Baie mooi en netjiese plekkie reg langs die pad, nie te ver uit die dorp nie. Voertuig staan oop op 'n grondparkeerplek reg voor jou eenheid. Als wat nodig was, is in die eenheid. Baie stil, met 'n haan wat ons wakker gekraai het. Restaurant was al toe, toe was bietjie laat middag daar aangekom het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Nico S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2023

Vriendelike ontvangs. Kamer was netjies en ons kon van hul kombuis en eetkamer gebruik maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Quintin V
Kort verblyf Besigheidsreis
4.6
Feb 2024

Rustig veilig waarde vir geld. 'n veilige en lekker rustige plaasgevoel met goeie waarde vir geld.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Audrey V
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Aug 2024

Dit was lekker. Ons het lekker gebly. Die beddens was baie gemaklik en ons het lekker warm geslaap en gestort. Dit was spesiaal om elke oggend met die kraai van 'n haan of twee reg voor jou deur wakker te word. Sefoon ontvangs - zero. Daar was wel WiFi, maar die sein was baie swak. Ons het 'n lekker tuisgemaakte lamsdis geëet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Sep 2024

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Dries B
1 nag Saam met lewensmaat
2.8
Sep 2024

Stil en rustig. Die plek is genoegsaam vir oorslaap. Ons is onseker oor die funksionering van die restaurant.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
4.0

Tinus W
1 nag Besigheidsreis
4.6
Feb 2023

Gasvryheid soos min met sagte bed in harde wêreld. Ons was baie laat by die gastehuis, ongeveer 23h30. Ons het aandete vroeër bestel, maar omdat sy nie koue kos vir ons wou aanbied nie, het Corrie daardie tyd van die aand aangebied om vir ons twee honger reisigers kos te gaan maak. Heerlike aandete met skaaptjops, vars chips, groente en slaai. Ons het soos VIP's gevoel. Die lugreeling was aan toe ons in die kamer kom, en ons was gewaarsku om agv die muskiete, nie die deur oop te los nie. Die bed was baie gemaklik en alles was kraaknet skoon. Omdat die gastehuis op 'n plaas is, baie naby die N12, het ek die veiligheid bietjie later ge-rate, want daar is nie veiligheidshekke nie. Omdat dit die Namakwaland is, waar daar nog ander tipe gasvry mense woon, het ek egter glad nie bedreig gevoel, of gevoel dat dit gevaarlik is nie. Corrie was so gasvry, en die omgewing van die plaas en koppies rondom die gastehuis so doragtig mooi. Dit is so anders mooi as dit wat ek ken dat dit alles net een groot voorreg en avontuur was om daar by haar te oornag. Onthou, dis 'n oornagfasiliteit, nie 'n vakansieoord nie, so jy stop daar om te slaap en moontlik aandete te geniet. Al is die restaurant nie meer oop nie, kan mens reël met Corrie vir ete, en haar kos is werklik heerlik. Moenie jul steur aan al die bitterbek resensies wat ander mense hier geskryf het nie. Hulle kyk deur 'n vuil bril na alles in die lewe en niks sal goed genoeg wees vir hulle nie. Die plek word heeltemal onverdiend swak terugvoer gegee. Ons het heerlik hier gebly, en sal weer hier bly as ons kan. Baie dankie Corrie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
5.0

Riana B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Aug 2023

Dit was heerlik om by Hananja vir 2 dae te bly. Mense was baie vriendelik. Hananja is baie naby Springbok geleë en gerieflik om uit te ry na die Nasionale Park en nabygeleë dorpe. Ons verblyf was heerlik en sal dit beslis aanbeveel vir ander blommekykers.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anton G
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Aug 2023

Die kamer is skoon en netjies. Maar - geen restaurant. Die naam en advertensie sugureer dat daar restaurantfasiliteite is, maar helaas dit is blykbaar nog in aanbou.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Estelle V
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Sep 2023

Dit was bitter koud en die bed se warmlaken was op, maar kon nie aangesit word nie - die plug was weg. Ietwat van 'n teleurstelling! Medegaste was rumoerig en onstigtelik! Hananja is gerieflik langs die pad geleë.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Poppie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 320

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedamplaas, Kleinseeweg, 6,1 km vanaf Springbok, 8240, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjNTkxYTk2LTFkNzctNDU0Yi1iZDE4LTg3ODFhYWVjYThmMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 140 5 1 4 Farm Tweedam Kleinsee Road 8240 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.677114532315 17.844401299953

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang