Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Handvol Gruis Gastehuis

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanrhynshoek Plaas, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Vanaf R2 150 per nag, vir 10 mense

Beskrywing

Handvol Gruis Gastehuis is 'n pas opgeknapte plaashuis net 44 km buite Calvinia. Dit is die ideale bestemming vir diegene wat wil ontsnap van die daaglikse gejaag.

Dié huis beskik oor 4 slaapkamers en 1 badkamer, sowel as 'n gastetoilet. Daar is 2 slaapkamers wat elkeen met 'n koninggrootte-bed ingerig is, 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en nog 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die badkamer is onlangs oorgedoen en beskik oor 'n groot bad en 'n hoekstort. Daar is ook 'n aparte toilet met sy eie wasbak.

Die huis het 2 sitkamers, waarvan een 'n kaggel het. Daar is 'n binnebraai in die kombuis, sowel as 'n braai op die stoep. Die kombuis is ten volle toegerus met selfsorggeriewe en AGA-vierplaatstoof.

Die huis het 'n groot grasperk en is omring deur 'n populierbos wat skadu en groenigheid verskaf. Gaste kan gerus die doendinge op die plaas geniet, soos swem, stap en fietsry, sowel as na die toppunt van die Hantamberge ry - dié plaas het die enigste pad wat hierheen lei. Die plaas sal ook 'n bederf vir natuurliefhebbers, voëlkykers en plantkenners wees.

Vars plaasbrood, roosterkoeke, vleispakke van egte Hantam-skaapvleis, sowel as hout en roomys word by die plaas verkoop.

Kamer-opset

Slaapplek vir 10 mense 4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Adine F
Saam met vriende
5.0
Rustige asemhaal geleentheid. Baie lekker gebly. Ruim huis met spasie vir almal. Baie dankie vir julle gasvryheid!
Sep 2024
Claire P
5.0
Fabulous accommodation offering home comforts and interesting walks. Stunning stay - I was looking for a place off the beaten track whe...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Magda G
Gesin met tieners
5.0
Eg plaas en voel soos ons eie huis. Spasie en ruimte was volop! Na 'n lang dag se reis was die vars gebakte plaasbrood en skaaptjoppies 'n groot beder...
Sien meer
Mrt 2024
Gustav C
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker rustig. Was 'n baie lekker plaashuis tussen die berge. Baie mooi en groot!
Des 2023
Emma M
Saam met vriende
5.0
Plattelandse rustigheid. Die gastehuis is beeldskoon. Elke kamer is so stylvol en netjies, selfs nog mooier as die foto's. Die stoep is lieflik vir la...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Ronelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 72

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vanrhynshoek Plaas, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Handvol Gruis Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag, vir 10 mense
Vanaf
Vanaf R 2 150
per nag, vir 10 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanrhynshoek Plaas, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2582b88c2645e6c9e15b5b565cb5543182a1d7add34e4b554de9cafa253422dcb6df4d976bb90cd56eef6e3a2e42ceb80ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 150 per nag, vir 10 mense 49 5 1 5 Vanrhynshoek Farm Calvinia 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 11:00-21:00 10:00 -31.326567416046 19.883960142944

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang