Hartenbos Strandhuis
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R2 250 per nag (plek vir 11)
Beskrywing
Hartenbos Strandhuis is in Hartenbos reg langs die amfiteater geleë en bied gemaklike slaapplek streng aan slegs 11 gaste (kinders ingesluit). Dit is ideaal vir 2 gesinne met kinders. Ons verwelkom graag alle gaste, maar matriek- en studentegroepe kan ongelukkig nie geakkommodeer word nie.
Dit is 'n lieflike huis wat beskik oor 5 slaapkamers met 'n bykomende kamer en badkamer apart van die huis. Die 11de slaapplek is dus apart van die hoofhuis. In die hoofhuis is 2 van die slaapkamers met dubbelbeddens ingerig. Die ander 3 slaapkamers is elkeen ingerig met 2 enkelbeddens. Die aparte kamer het ook 'n enkelbed. Al die slaapkamers het ingeboude kaste. In die kamers is bedlampies voorsien met herlaaibare gloeilampie wat tydens beurtkrag aanbly.
Die 2 badkamers word tussen al die kamers gedeel: die eerste badkamer is in die hoofhuis geleë en die tweede een is 'n en suite-badkamer in die aparte buitekamer. Die eerste badkamer is met 'n stort en 'n bad ingerig en die ander een het 'n stort. Die tweede badkamer het ook sy eie aparte ingang, sodat al die gaste dit kan gebruik. Die 2 badkamers het herlaaibare gloeilampe wat tydens beurtkrag aanbly.
Hartenbos Strandhuis voorsien geen beddegoed (lakens, duvets en kussings) of handdoeke nie. Gaste moet asseblief hul eie saambring.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n aparte diepvrieskas toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien. Alle breekware, eetgerei, braaibakke, potte en panne sowel as opdienbakke en messegoed word voorsien. Bekers en glase vir koeldrank, wyn en ander drank asook 'n braaipotjie en braaitange word voorsien. Daar is ook 'n gasplaat met ekstra gaskanne om tydens beurtkrag te gebruik.
Die eenheid het 3 waaiers en gedurende die koeler maande word warmwatersakke voorsien.
Die eetkamer het sitplek vir 11 gaste en daar is ook 'n sitarea met 'n TV en die volle DStv-pakket. Die leefareas het ook herlaaibare gloeilampe wat aanbly tydens beurtkrag en daar is ook 'n beurtkragmandjie met 6 herlaaibare lampies wat volgelaai sal wees met aankoms.
Braaigeriewe is beskikbaar met 'n rooster en 'n braaipotjie. Die erf is omhein en daar is 'n groot grasperk aan die voor- en agterkant waar kinders veilig kan speel. Veilige parkeerplek is binne die erf beskikbaar. Daar is 2 huise op die erf.
Hartenbos Strandhuis is net 'n kort entjie se stap van die naaste strand af (400 m) en ook naby restaurante, 'n swembad, mini-gholf en waterpark (600 m).
Geen groot partytjies insluitend hen- en rampartytjies of 21ste verjaarsdagvieringe word toegelaat nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- DVD-speler
- Televisie
- Videospeler
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elmarie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 45
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartenbos Strandhuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Sandrivierstraat 1a, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang