Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hello Home

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friesland-straat 62, Oostersee, Bellville, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hello Home bied selfsorgverblyf in Oostersee, Bellville in Kaapstad se Noordelike Voorstede en is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n vinnige wegbreek.

Hierdie dubbelverdieping-eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk wat op versoek as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Elke kamer het ook 'n TV met Netflix. Die en suite-badkamer in die hoofslaapkamer het 'n bad en 'n stort, en die ander 2 en suite-badkamers het elk net 'n stort.

Die leefarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus en daar is stoele by die toonbank. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste rondom die etenstafel en daar is gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV in die sitarea. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea het stapeldeure wat direk na die swembad en die lapa met sy tafel, stoele en ingeboude braai lei.

Hello Home is net 1 km vanaf die N1 en 'n klein entjie se ry vanaf verskeie hospitale, soos Louis Leipoldt, Cape Eye Hospital, Tygerberg Hospitaal, Panorama Mediclinic en Netcare N1 City. Die naaste inkopiesentrum is Tygervallei, wat 5 minute se ry ver is, en Canal Walk is net 15 minute se ry ver.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Arlene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 3

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Friesland-straat 62, Oostersee, Bellville, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hello Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Friesland-straat 62, Oostersee, Bellville, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf70f8b48d9e68b2c28faff5cbf1c85ebbd4c1add420bd888ba57f6e63c67cb2642d5bd96c3ec0bac4fa143ff6c79d2c5ea21?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6) 3 5 1 5 62 Friesland Street Oostersee 7500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.895016875147 18.604183625131

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang