Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Henry's House on Sea

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Henry's House on Sea is in Wood Grange, Hibberdene en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, aktiwiteite en besienswaardighede.

Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed met 'n en suite-badkamer wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het. Elke kamer het 'n plafonwaaier. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gerieflike stoele en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Daar is 'n OpenView-dekodeerder, maar dit kan deur gaste se eie DStv vervang word. Dus kan gaste hul eie dekodeerder en afstandbeheer saambring. Daar is ook 'n groot dek met 'n tuinstel en 'n uitstekende see-uitsig.

Daar is ’n swembad en sitplek, asook sonbaaistoele by die swembad.

Braaigeriewe met 'n sitarea is beskikbaar, waar gaste kan ontspan.

Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel agter 'n hek wat met ’n afstandbeheer werk en 'n privaat ingang na die verblyf. Daar is ook moderne alarmstelsel in die eenheid wat aan 'n gewapendereaksie-span gekoppel is.

Daar is veiligheidshekkies tussen die parkeerplek en die eenhede, sodat kinders nie by die voertuie kan speel nie.

Die Hibberdene-strand is 'n Blouvlagstrand en die verblyf is ook naby ander kleiner strande. Verder is daar winkelsentrums, 'n kroeg en eetplek, wegneemeetplek, waterwurm, 'n mini-gholfbaan en ander besienswaardighede, soos Oribi gorge, Dinosauruspark, ponieritte en Butterfly World.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.3

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Adelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Henry's House on Sea het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Canterbury-weg 872, Woodgrange, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d41e4f7be38f45cfd55076738155243aba84f3d1eda9ecb9b4f5055b675b5268e4af8823371001528187071a06a1d23688d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 872 Canterbury Road Woodgrange 4220 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -30.58813859935 30.56087985582

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang