Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heron's Haven

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-Oos 112 B, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 875 per nag, vir 5 mense

Beskrywing

Heron's Haven is aan die oewer van die Bergrivier geleë en is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir tot 5 gaste in Port Owen.

Heron's Haven is op die grondvloer onder die eienaar se hoofhuis geleë. Die eenheid bestaan uit 'n slaapkamer met 'n rivier-uitsig wat met 'n dubbelbed ingerig is, en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is ingerig met 3 enkelbeddens. Langs die leefarea is 'n tweede en suite-badkamer met 'n stort, en gerieflikheidshalwe word linne en handdoeke voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Skoonmaaktoerusting word voorsien. Die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv premium, en WiFi is beskikbaar.

Die eenheid maak oop op 'n stoep met 'n ingeboude braai-area, en veilige parkeerplek word voorsien agter 'n sluitbare hek. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Heron's Haven het direkte toegang tot die rivier en is nie veilig vir klein kinders nie. Gaste het ook toegang tot die jety sou hulle 'n boot het wat hulle graag wil gebruik.

Neem asseblief kennis dat ons in 'n stil natuurgebied geleë is, daarom word harde musiek en raserige partytjies nie toegelaat nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Verekombers

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 54 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kobus U
Saam met lewensmaat
5.0
Wow, wow, wow. Hierdie was nou waarde vir geld! Alles wat jy nodig het, hetsy vir 'n vinnige oorslaap, of 'n week om uit te rus, is in die ruim eenhei...
Sien meer
Mrt 2024
Robin C
Saam met vriende
5.0
Pleasant and relaxing. A very pleasant stay with good bird watching but the southeaster was fierce.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Johan V
Saam met lewensmaat
5.0
Wat n juweel. Beslis aanbeveel vir almal. Heerlik gebly! Fantastiese plek. Alles perfek en nog beter as advertensie. Sal beslis weer daar gaan bly in ...
Sien meer
Jan 2024
Aggi G
Saam met lewensmaat
5.0
Restful and tranquil. Lovely location with a convenient mooring.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Robin B
5.0
Relaxing on the water's edge. Lovely spot and the host was great.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Erna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 54

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Elizabeth-Oos 112 B, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
  • Gaste dink Heron's Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 875
per nag, vir 5 mense
Vanaf
Vanaf R 1 875
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Geen kinders onder 10
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elizabeth-Oos 112 B, Port Owen, 7365, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc0g4zbxZPBwjkxSQj8aDr1T0mWSUR3IoWhCsvJeCqZUuLC6LYV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 875 per nag, vir 5 mense 54 5 1 5 112 B Elizabeth East Port Owen 7365 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.789420543646 18.154019580951

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang