Heti i plasi
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Skuinsbankstraat 1, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
- Vanaf R2 050 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Heti i plasi is in Heroldsbaai hoogte geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.
Die eenheid het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en dubbelwasbak met ingeboude kaste. Die tweede kamer het 2 stapelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die eenheid is toegerus met 'n stoof, groot yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware, potte en panne, asook 'n outomatiese wasmasjien.
Die leefarea bestaan uit 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -sitkamer, met 'n TV en gratis WiFi.
Daar is braaigeriewe wat gaste kan geniet met 'n omheinde tuin vir veilige speelplek vir die kinders.
Veilige parkeerplek vir een voetuig is op die perseel beskikbaar.
Heroldsbaai is sentraal tussen Mosselbaai en Wildernis met wonderlike strande, restaurante en aktiwiteite om van te kies.
Die eiendom het sonkrag en gaste word dus nie deur beurtkrag geaffekteer nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Stapelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Charlotte Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Skuinsbankstraat 1, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap
- Gaste dink Heti i plasi het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Skuinsbankstraat 1, Heroldsbaai, 6615, Wes-Kaap