Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hideaway Haven at Thirteen Acres

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bitouweg 13, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Hideaway Haven at Thirteen Acres is 'n heeltemal privaat houthuis op die rand van 'n klein inheemse woud in Hoekwil, 'n dorpie net bo Wildernis. Die verblyf is net 5 minute se ry vanaf Wildernis-strand.

Die huis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed en die aparte badkamer het 'n stort.

Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met stoele, 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV met Netflix. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, gasoond, mikrogolf, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Buite is daar 'n onderdakdek met 'n asemrowende uitsig. Braaigeriewe, gratis WiFi en veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Gaste kan na die Hoekwil-dorpie stap en die Hoekwil Cafe vir die beste koffie en kaaskoek besoek, of 'n draai by Floreer Organic-winkel vir varsgebakte brood en plaaslike organiese produkte maak. Vir middagete of aandete kan gaste Hoeka Toeka, Merchant & Maiden, of Rambling Rose besoek.

Die huis spog met 'n see-uitsig in die verte en is net 6 km se ry vanaf die naaste Wildernis-strandingang. Dit is ideaal vie diegene wat die Tuinroete wil verken of bloot net wil ontspan.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Dominique Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 38

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Bitouweg 13, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bitouweg 13, Hoekwil, Wildernis, 6538, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA00026db02653a66ba64bae4f0cece04d427988bb4d3bc4d40fdde1a23f1a0f6927395aedc5d56ff238f134241789243bcf49?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 5) 13 Bitou Road Hoekwil 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.98133524327 22.6201477705

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang