Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769 is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis reg langs die 6de putjie op die Ernie Els-gholfbaan, net 18 km buite Dullstroom. Dié selfsorghuis spog met pragtige uitsigte op die kranse en oor die landskap.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping, 2 badkamers en 1 en suite-slaapkamer op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n knus kaggel en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Op die onderste verdieping het die vierde slaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad.

Die hoofleefarea bestaan ​​uit 'n ruim sitarea met 'n TV, 'n eetarea met 'n binnebraai en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis het ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is verskeie bordspeletjies en legkaarte, sowel as tafeltennis om gaste besig te hou.

Buite is daar 'n lieflike stoep waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet of van die Weber-braai gebruik kan maak. Twee motorhuise beskikbaar.

Die landgoed spog met 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n lieflike restaurant en die mooiste stap- en fietsroetes. Gaste kan gerus die dorpie Dullstroom besoek waar hulle lekker kan rondloop en die talle geriewe wat die dorp bied, kan geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.3
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Byron T
5.0
Elegant and luxurious stay. The house felt clean, safe and had everything one would need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Theo T
5.0
Ongelooflike verblyfplek en landgoed - alle boksies getick. Een van die mooise plekke waar ons gesin nog gebly het - die golfbaan uit die boeke uit. D...
Sien meer
Mei 2023
Sushil K
4.8
Beautiful & peaceful. Beautiful estate as a whole, the place was neat & tidy, better than we expected. Wonderful view & the house was l...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Melissa S
Saam met vriende
4.8
The perfect stay in Dullstroom. The house was perfect for our weekend away and fully equipped with everything we needed.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2023
Joshua J
Saam met vriende
4.8
Als was reg, dankie. Dankie, alles was op sy plek.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jennifer Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 5 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA61dc009e1963edb68ecdd143a02aab7d2265b045bf8f47b1d1489f628a3ea1b8f22712f92a8e25d4184abd68053ada658c37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8) 12 5 1 5 Highland Gate Golf and Trout Estate Kruisfontein Road 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.448201575847 30.204853001539

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang