Hippo Water Front Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Vanaf R995 per nag (plek vir 3)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hippo Water Front Lodge is net 10 km vanaf Mbombela (Nelspruit), die hoofstad van Mpumalanga, geleë. Dit is minder as 6 km vanaf die Mbombela-stadion. Die lodge is ook naby een van die mees gesogte wildreservate in Afrika, die Krugerwildtuin.
Die houthuisies is skoon en gemaklik en spog met uitsigte oor die rivier. Jy kan jou skoene uitskop en ontspan in die rustigheid van die natuur. Voëlkyk, visvang en seekoeie in die rivier is maar net van die opwindende dinge wat hier by die lodge te sien en te doen is.
Die lodge kry sy aangename en weelderige landskap van die subtropiese klimaat waarin dit lê. Daar is grasperke met bome, voëls, blomme, vrugte en neute. Die seekoeie kom kuier gereeld by die rivier en veroorsaak elke nou en dan baie opwinding.
Daar is ook baie plekke van historiese belang en natuurskoon kraai koning. God's Window, Blyde Rivier Canyon, die kolkgate, Sudwala-grotte, Pelgrimsrus en die Botaniese Tuine is alles 'n besoek werd. Dit bied 'n wonderlike geleentheid vir 'n dagbesoekie. Die Hippo Water Front, 3 ure buite Johannesburg en 45 km van die Kruger Wildtuin af, is die ideale ruspunt wanneer jy na die Wildtuin, Maputo en die Laeveld reis. Dit is ook die perfekte wegspringplek om die natuurlike wonders en die geskiedenis in die area te ontdek.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Portugees
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Internet
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 109
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
- Gaste dink Hippo Water Front Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Mbombela (Nelspruit) Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 35 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sterkspruit 41, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang