House at Longbeach
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Kusweg 79 en Willow-straat 1, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R2 600 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
House at Longbeach bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel op die boonste verdieping van die hoofhuis wat net 400 m vanaf Noordhoek se strand geleë is. Die woonstel spog met 'n lieflike uitsig oor die see en op die berge en dit grens aan die natuurreservaat.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en kombineer die tradisionele elemente van 'n plaashuis met die knus kenmerke van 'n strandhuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en albei het toegang tot 'n groot balkon. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die leefarea het 'n oopplan-uitleg en sluit 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea in. Die kombuis spog met 'n marmertoonbank met 2 stoele en is met 'n stoof, 2 oonde, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware toegerus.
Die etenstafel het 6 stoele en die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n kaggel en 'n TV. Gratis WiFi word voorsien.
'n Omsetter met rugsteunbatterye ondersteun die TV, WiFi, alarmstelsel en hek tydens beurtkrag en 'n gasplaat is vir kook beskikbaar.
Die tuin spog met 'n swembad, dammetjie, braai- en speelarea en word met 'n trap vanaf die stoep bereik.
Parkeerplek is vir 1 voertuig op die perseel beskikbaar.
Let asb. daarop dat die grondverdieping met sy eie ingang permanent verhuur word.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
- Duits
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Koordlose internet
Badkamer
- Bad
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Antje Brandt And Geverifieer
Eiendomme 9
Resensies 8
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoek van Kusweg 79 en Willow-straat 1, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink House at Longbeach het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoek van Kusweg 79 en Willow-straat 1, Noordhoek, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang