Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hygge House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kensington Gardens 24, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hygge House is 'n moderne selfsorg-vakansiehuis op Leisure Island in Knysna en bied slaapplek aan 6 gaste.

Hierdie asemrowende huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n lessenaar. Gaste in hierdie slaapkamer deel 'n badkamer met gaste in die derde slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n bad en 'n stort en daar is 'n aparte toilet. 'n Gastetoilet is op die onderste verdieping beskikbaar.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, Nespresso-masjien, oond, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n aparte opwaskamer wat aan die kombuis grens en 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër het.

Die hoofsitarea lei na 2 aparte buite-areas. Beide die TV-kamer en die sitarea het 'n kaggel en daar is 'n gasbraai op die stoep. Daar is ook 'n dubbelkajak in die motorhuis wat in 2 gedeel kan word vir enkelgebruik. Die motorhuis lei na 'n ingangsportaal met stoorplek vir handdoeke, sambrele, baadjies en skoene. Verder is daar 'n groot tuin, dubbelmotorhuis en oorgenoeg parkeerplek by dié vakansiehuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Bobbie Geverifieer

Eiendomme 16

Resensies 47

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Kensington Gardens 24, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kensington Gardens 24, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5f662da585aa3371bf58a23716227d07b9305b6454c4e20ca62abf71ba7505288f01079ca2528538cb6eee3ccd1d0f4469a6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6) 24 Kensington Gardens Leisure Island 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.067666175307 23.058078627479

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang