Ikhwezi Game Lodge
- Kapasiteit: 18 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R Extent Boondocks, Low's Creek, 1300, Mpumalanga
- Vanaf R3 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Ikhwezi Game Lodge is net 'n entjie van Malelane in die hartjie van die Afrika-bos in die asemrowende Lows Creek.
Die lodge bied verblyf in 2 opsies: Ikhwezi Kothuis en Ikhwezi Hooflodge.
Die kothuis is 'n selfsorghuis met 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eenheid se kombuis is ten volle toegerus en daar is 'n eetarea, houtdek en swembad. Dit is ideaal vir 'n gesin. Daar is ook lugversorging in al die kamers en die eenheid word daagliks skoongemaak.
Die hooflodge bied verblyf aan 12 gaste in 6 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Gaste kan die gemeenskaplike oopplan-leefarea en ruim buitedek met 'n vuurput en oorgenoeg buitemeubels benut. Hout en ys word ook gratis voorsien.
Die lodge spesialiseer in groepbesprekings en is ideaal vir 'n groepsfunksie, troue of 'n konferensie.
Ontbyt en aandete is beskikbaar op versoek in die week teen 'n ekstra koste.
Doendinge op die perseel sluit bergfietsry en wildritte in. Wild wat besigtig kan word sluit sebras, koedoes, wildebeeste en kameelperde in en die berg is ook die tuiste van 'n paar luiperds.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Skuifie-projektor
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 5
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- R Extent Boondocks, Low's Creek, 1300, Mpumalanga
- Gaste dink Ikhwezi Game Lodge het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Matsulu Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R Extent Boondocks, Low's Creek, 1300, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang