ILala Country Lodge
- Kapasiteit: 54 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
- Vanaf R900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
iLala Country-lodge, geleë op 'n platorand, kyk uit oor die Limpoporiviervallei en bied asemrowende uitsigte oor reuse-kremetarts en verafgeleë Zimbabwiese heuwels.
iLala Country Lodge lê op die roete na die Mapungubwe Nasionale Park en Wêrelderfenisgebied (63 km wes) en is geleë in die voormalige Kremetart-bewarea wat deur Premier Jan Smuts gepromulgeer is. Fyn eksemplare van hierdie reuse kan op die landgoed gesien word. Die Noordelike Hek na die Krugerwildtuin is 120 km verder, en die Musina Natuurreservaat is 15 km suid.
Die aantreklike klip- en grasdak-hoofkompleks is 'n landmerk in die area en bestaan uit ses selfsorg-chalets in 'n inheemse tuinomgewing en 3 gastekamers in die hoofkompleks.
Die ses selfsorg-chalets bestaan elk uit 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n solder op die boonste vloer met twee enkelbeddens vir kinders onder 16. Daar is 'n aparte badkamer met bad en stort. Die sitkamer is oopplan met, TV, lugversorging en plafonwaaiers. Elke chalet het 'n toegeruste kombuis en 'n buitebraai-area. Linne en handdoeke word voorsien.
Die drie gastekamers het ruim slaapkamers met dubbelbeddens, solders met twee kinderbeddens, badkamer met stort. Elke kamer is toegerus met tee- en koffiegeriewe, yskassie, TV, lugversorging en plafonwaaiers. Daar is balkonne met panoramiese uitsigte.van die omgewing.
Die lodge bied die volgende: 'n sprankelende swembad met lapa en braaigeriewe, veilige parkeerplek, voëlkyk, boswandelings - onbegeleide - daaglikse skoonmaakdiens, wasgoed op versoek, rolstoelvriendelike ingange, uitgestrekte tuin met verskeie natuurlike inheemse bome en 'n elektronies beheerde hoë sekuriteit heining rondom lodge area. Musina-lughawe is net 7 km ver.
iLala Country Lodge is net 5 km vanaf die N1 tussen Beitbrug-grenspos en Musina op die R572 geleë, en die dorp Musina is net 8 km weg.
Geriewe
- WiFi
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.2/5
H. Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink ILala Country Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Musina Mapungubwe National Park Limpopo
- Kapasiteit: 54 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pontdrift-pad (R572), 5 km vanaf die N1, Musina, 0900, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang