Imoflo Homestay
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R71, Wellstead Plaas 1099, Erfdeel 7, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Imoflo Homestay is 'n knus kamer wat oornagverblyf bied en op die eienaar se perseel op 'n plaas in Haenertsburg geleë is. Die plaas se rustige omgewing is die ideale opsie vir sakereisigers of paartjies wat op soek is na 'n romantiese wegbreek.
Die kamer het slaapplek vir 2 gaste en 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuisie het verhit-en-eetgeriewe en is met 'n klein yskas-vrieskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n TV met stroomdienste en gratis WiFi.
Die lieflike tuin bied 'n pragtige uitsig oor 'n dam. Daar is gemeenskaplike braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Alhoewel die kamer op die eienaar se perseel is, word gaste se privaatheid verseker.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- R71, Wellstead Plaas 1099, Erfdeel 7, Haenertsburg, 0730, Limpopo
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R71, Wellstead Plaas 1099, Erfdeel 7, Haenertsburg, 0730, Limpopo