Indwe Farm Stay
- Kapasiteit: 24 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oldeani-plaas, Viljoens Pos-pad, Bloodriver, 3629, KwaZulu-Natal
- Vanaf R300 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Indwe Farm Stay bied 'n selfsorgkothuis op 'n werkende plaas in die historiese Bloedrivier-omgewing. Gaste kan die gasvryheid van die boere ervaar, die oulikste kuikens vashou, kalfies sien, visvang, voetslaan, bergfietsry, 'n romantiese piekniek geniet, langs die dam braai of gaan kajakvaar.
Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer, 'n kombuis en eetarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens met elektriese komberse en die badkamer het 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, mikrogolfoond, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 3 gaste. Daar is 'n lekker buite-area met 'n kaggel, 'n etenstafel met stoele en braaigeriewe.
Die glanskamp het 'n afgeslote slaaparea met 'n koningingrootte-bed met 'n elektriese kombers, bedlampies, linne en daar word handdoeke voorsien. Die kombuis is apart en het krag wat die yskassie, tweeplaatstofie en ketel dryf. Daar is ook potte, panne, eetgerei en breekware. Die voorstoep het 'n houttafel en stoele. Hierdie eenhede bied toegang tot ablusiegeriewe wat 'n stort, toilet en 'n wasbak het.
Die kampeerplekke bied rus en stilte en het ook ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die plaas grens aan die wêreldbekende Bloedriviervlei wat een van die grootste binnelandse vleiland in die land is. Daar woon meer as 150 voëlspesies en trekvoëls bly in die winter daar. Dis ook 'n belangrike plek vir die bedreigde bloukraanvoël en mahem.
Dié deel van KwaZulu-Natal se Middellande is 'n versameling golwende heuwels op 'n platorand van omtrent 1800 myl bo seespieël. Mpumalanga se Drakensberg is ook op sekere plekke sigbaar.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Gail Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Oldeani-plaas, Viljoens Pos-pad, Bloodriver, 3629, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Indwe Farm Stay het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 24 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oldeani-plaas, Viljoens Pos-pad, Bloodriver, 3629, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang