Isikhulu 44
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: North Beach Road 56, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 450 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Isikhulu 44 is 'n keurige selfsorgwoonstel in die veilige Isikhulu-kompleks in Umdloti noord. Die woonstelkompleks is op die seefront, bied onbeperkte see-uitsigte en is naby verskeie winkels, restaurante en geriewe geleë.
Hierdie stylvolle woonstel is op die boonste verdieping van die kompleks en beskik oor lugversorging. Dit het slaapplek vir 6 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.
Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en 'n eilandtoonbank met stoeltjies. Die eetarea is ingerig met 'n etenstafel wat sitplek vir 8 mense het. Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv, en daar is deure in die eet- en sitarea wat toegang bied tot 'n balkon met 'n buite-eetstel, braaigeriewe en 'n see-uitsig.
Gaste kan gerus die gemeenskaplike swembad in die kompleks gebruik en daar is uitstekende sekuriteit aangesien die kompleks elektriese omheining het en permanente wagte by die ingang aangestel is. Onderdak-parkeerplek is beskikbaar en daar is 'n ekstra parkeerplek vir gaste.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Corrie Geverifieer
Eiendomme 81
Resensies 241
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- North Beach Road 56, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Isikhulu 44 het ’n uitstekende ligging
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: North Beach Road 56, Umdloti, 4350, KwaZulu-Natal