Jakaranda Woonstel 8
Kry 60% af. Geldig vir verblyf vanaf 20 Mrt 2025 tot 25 Mrt 2025.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 355R542 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Jakaranda woonstel 8 is ‘n pragtige woonstel met 'n uitsig oor die see. Die woonstel is op die grondvloer van 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is 200 m vanaf Uvongo-strand en 100 m vanaf die strandfront.
Dié woonstel het 2 slaapkamers, 'n badkamer, oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n dubbelslaapbank wat ideaal vir kinders is. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met ingeboude kaste. Die badkamer het 'n wasbak, stort en bad.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, ketel, rooster en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die leefarea het 'n LED-TV met sekere DStv-kanale teen 'n ekstra koste.
Die kompleks is veilig met 'n elektriese heining en toegang is deur 'n kodehek wat veilige onderdakparkeerplek verskaf. Daar is ook 2 gemeenskaplike braai-areas, waarvan 1 'n klimraam vir kinders het. Daar is ook 'n ontvangs wat help met wasgoed en skoonmaak indien dit benodig word.
Uvongo is 'n rustige kusdorpie aan KwaZulu-Natal se Hibiscuskus. Besienswaardighede sluit in: Manabastrand wat 2,4 km weg is, St. Michael's on Sea wat 2,7 km weg is en Uvongo Natuurreservaat wat 1 km weg is.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Antonie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Jakaranda Woonstel 8 het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal