Jakkalswater Gasteplaas
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 54 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jakkalswater Gasteplaas, is 'n gesins- en natuurgeoriënteerde gasteplaas, sowat 13 km buite Springbok, op die Nababeepweg en sowat 6 km van die N7, in die hart van Namakwaland.
Dit is geleë in die hange van granietkloppers, waar kokerbome uitkyk oor die Vallei en Klipspringers dwaal. Jakkalswater is nie gekoppel aan die kragnetwerk nie en groen. Die ongelooflike suiwer en lieflike water word verkry uit 'n natuurlike ondergrondse fontein. Krag word verskaf deur sonpanele en die geisers werk met gas.
Verblyf is beskikbaar in 14 Gesinseenhede. Die Premium Gesinseenhede kan elkeen 2 tot 5 gaste akkommodeer. Elke eenheid het 'n en suite-badkamer en 'n volledig toegeruste kombuisie. Die Standaardeenhede het ook alle nodige selfsorggeriewe en kan 2 tot 4 gaste akkommodeer aangesien hulle 'n bietjie kleiner is. Elke kamer het 'n mooi uitsig oor die plaas en die kokerboomtuine.
Die vriendelike personeel is almal vanuit die plaaslike gemeenskap en goeie kliëntediens is hul vernaamste prioriteit.
Jakkalswater het ook 'n pragtige kapel, waar 'n droom troue gehou kan word. Dit is geleë in die reuse granietberge en het 'n asemrowende uitsig oor die Namakwa-vallei. Daar is 'n baie groot beskutte Lapa, waar funksies gehou kan word - toegerus met braaigeriewe, badkamers en al die noodsaaklike geriewe. Die lokaal is ook ideaal vir seminare en byeenkomste, waar groot getalle gaste bymekaarkom kan en bied tans 'n aantal bekende organisasies se jaarlikse funksies.
Ongeveer die helfte van die plantspesies hier, kom nie elders in die wêreld voor nie. Wanneer die winterreën val, word die plaas en omliggende granietblokke toegedraai in 'n blomkombers wat die mooiste blomme-skouspel in die wêreld skep, met byna 3 000 plantspesies, insluitend vygies, madeliefies, Gazania's en katstertjies.
Gaste kan rondloop op die plaas en die natuurskoon geniet. Klim die graniet heuwels en soek die Klipspringers en die bobbejane wat die berge hulle huis maak of in die droë rivierbanke loop, op soek na die gespikkelde padloper, terwyl die blommeryk bewonder word. Jakkalswater is 'n unieke bestemming, maar bied ook 'n ideale oornagverblyf, onderweg na Namibië, die Richtersveld en die noordwes-kus van Suid-Afrika.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Reinhart Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 204
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Gaste dink Jakkalswater Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Springbok Namakwaland Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 54 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang