Jarina Guesthouse
- Kapasiteit: 50 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Irvinestraat 25, Wolmaransstad, 2630, Noordwes
- Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jarina Guesthouse bied rustigheid en geleentheid vir ontspanning teen ’n billike prys. Dit is tussen Klerksdorp en Kimberley geleë, en is die ideale verblyf vir gesinne en sakereisigers wat deur Wolmaransstad reis.
Die huis bied 38 kamers: 20 Standaardkamers, 2 Gesinskamers en 16 Rugsakreisigerkamers. Die perseel het ’n ruim konferensiesentrum, eetarea waar ontbyt bedien word asook parkeerplek.
Standaardkamers en Rugsakreisigerskamers bied slaapplek aan 2 gaste en Gesinskamers bied slaapplek aan 4 gaste. Standaard- en Gesinskamers beskik oor lugversorging, TV met sekere DStv-kanale en ’n yskas. Elke kamer het ’n badkamer en word daagliks skoongemaak, behalwe op openbare vakansiedae.
’n Komplimentêre ontbyt word in die eetarea Maandae tot Sondae vanaf 07:00 tot 09:00 bedien. Ongelukkig word ontbyt nie op openbare vakansiedae bedien nie. Middag- en aandete kan gereël word maar dit moet die dag voor die inklokdatum gebeur. Die konferensiesentrum kan tot en met 100 gaste akkommodeer en is ideaal vir formele aandete-partytjies en konferensies.
Vir natuurliefhebbers is daar Makwassierante Bewarea en Wolwespruitdam Natuurreservaat. Gaste kan ook Geelvisvangareas langs die Vaalrivier geniet. Die Digger's Diamond-toer bied gaste die geleentheid om meer te leer om diamantopgrawings en hoe diamante verkoop is in die area. Wolmaransstad spog steeds met pragtige sandsteengeboue wat in die vorige eeu gebou is, soos die Broadbent Sendingstasie en die Thomas Leask Huis.
Wolmaransstad is in 1891 in die Makwasirivier-vallei gestig, en die naam word verkry van die vele wilde muntbosse wat op die oewer van die rivier groei. Die dorp is bekend vir alluviale diamantmynbou en mielielandbou in die area. Dit is op die hoofroete tussen Klerksdorp en Kimberley geleë, wat dit die ideale oornagplek maak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Surina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Irvinestraat 25, Wolmaransstad, 2630, Noordwes
- Gaste dink Jarina Guesthouse het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Wolmaransstad Noordwes
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Irvinestraat 25, Wolmaransstad, 2630, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang