Jolie Beach Apartment
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gansiestraat 1938, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Jolie Beach Apartment is 'n lieflike selfsorg-eenheid in Kleinkrantz, Wildernis, 'n kort entjie se ry vanaf die sentrale Wildernis en 'n kort entjie se stap na die strand, wat dit ideaal maak vir 'n gesinsvakansie.
Dié eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die eerste slaapkamer is gerieflik ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n volledig toegeruste kombuis met 'n gasstoof, mikrogolfoond, broodrooster, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n koffiemasjien. 'n Wasmasjien en 'n skottelgoedwasser is ook in die kombuis beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 6, en die aangrensende sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n ligbed en 'n TV met Netflix- en Disney-kanale. Toegang tot gratis WiFi is ook beskikbaar.
Die leefarea het stapeldeure wat uitloop op 'n patio met buitesitplek en 'n draagbare braai. Parkeerplek op die perseel is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Minette Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 42
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Gansiestraat 1938, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Kleinkrantz Wildernis Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Gansiestraat 1938, Kleinkrantz, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang