Scheepersfontein
Kry 20% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brett-straat 184, Pretoriuspark, Grootfontein Country Estates, 0081, Gauteng
-
Vanaf
R1 400R1 120 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Scheepersfontein is 'n selfsorghuis wat met Nederlandse argitektuur spog en in Pretoria-Oos, Gauteng geleë is. Dit is ideaal vir 'n gesinswegbreek waar gaste die rustige omgewing ten volle kan benut.
Dié huis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n wasbak, toilet en 'n stort-oor-bad.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, ketel, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8.
Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n pragtige uitsig oor die perdeplaas. Daar is gratis WiFi en die groot stoep spog met 'n uitsig oor die werf en die ou Erasmusplaas in die verte.
Daar is buitesitplek en 'n braai-area.
Veilige, onderdakparkeerplek is op die perseel vir 2 vpertuie beskikbaar, asook ekstra parkeerplek in die oprit.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Ligging
- Brett-straat 184, Pretoriuspark, Grootfontein Country Estates, 0081, Gauteng
Sien meer verblyf in Pretoria Pretoria-Oos Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brett-straat 184, Pretoriuspark, Grootfontein Country Estates, 0081, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang