Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaoko Bush Lodge

  • Kapasiteit: 27 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalberg Erf 190, Kamanjab, 0000, Kunene
  • Vanaf R1 540 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kaoko Bush Lodge is die ideale oornagverblyf om Darmaraland en Kaokoland te verken. Dié lodge is net 8 km vanaf Kamanjab, op pad na Opuwo. Kaoko Bush Lodge verseker gerieflike verblyf aan gaste wat 'n dag of 2 bly om die unieke rotskuns en kulturele dorpies van Kamanjab te verken en aan gaste wat beplan om verder noord te reis.

Verblyf word in gesellige privaat chalets en gerieflike kampeergeriewe gebied.

Die grasdak-chalets is onlangs opgeknap en is met Namkleistene, bekend vir sy unieke kleur, gebou. Elke chalet is ver genoeg uit mekaar en het elk 'n privaat stoep waar gaste kan lees en in vrede kan ontspan. Die meeste van die 8 chalets het 2 gemaklike enkelbeddens en die 2 gesinseenhede het slaapplek vir 3 en 5 gaste. Daar is oorgenoeg veilige parkeerplek voor elke chalet.

Die kampeerterrein is onder bome en elke kampeerplek het sy eie geriewe. Die donkie word elke aand aangesteek om te verseker dat gaste oorgenoeg warm water het om mee te stort.

'n Daaglikse buffet-ontbyt kan by die restaurant op die perseel geëet word en middag- en aandete is op versoek beskikbaar.

Die lodge is in 'n wildpark geleë en bied meer as 18 verskillende inheemse wildspesies en 200 inheemse voëlspesies. Gaste kan dié wild en voëls vanaf die watergat, wat net 30 m vanaf die restaurant is, besigtig. Die lodge het ook 'n swembad en die omvattende sonkragstelsel maak die lodge ideaal as jy van die stad se tegnologiese steurnisse wil wegkom. Die lodge gebruik ook onbesmette boorgatwater.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Nagportier
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Albert Francois Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 4

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Vaalberg Erf 190, Kamanjab, 0000, Kunene
  • Gaste dink Kaoko Bush Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kunene Namibië
Vanaf
Vanaf R1 540
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 540
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 27 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalberg Erf 190, Kamanjab, 0000, Kunene
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXfC4QDLYAFFyLcfxaBBQqUMeIklJ7rLJNn15WntL2php42ZAqr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 540 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 190 Vaalberg Lot Kamanjab 0000 Kunene 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -19.574755246511 14.844365895833

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang