Karoo View Cottages
Beskrywing
Die kothuis bied slaapplek aan 4 gaste en het 'n koninggrootte-bed, 1 of 2 enkelbeddens (afhangend van gaste se vereistes) en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, bad, toilet en wasbak. Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolf, oond, gasstoof, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is. Die aangrensende leefarea het 'n etenstafel, kaggel en rusbanke en dit lei na die stoep met braaigeriewe. Daar is lugversorging vir die warm somermaande sowel as dakwaaiers en draagbare waaiers. Die oop kaggel, elektriese komberse en verwarmers vir die kamers en badkamers word vir die winterkoue voorsien.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Kinders van alle ouderdomme is welkom.
Troeteldiere wat goed gemanierd is word toegelaat indien dit vooraf so gereël is.
'n Engelse ontbyt kan vooraf bespreek word, maar nie vir diegene wat slegs 1 nag bly nie.
Braaipakke kan ook vooraf teen 'n ekstra koste bestel word.
Basiese inkopies kan ook vooraf vir gaste gedoen word, teen 'n 5% bybetaling.
Kothuis 1 en 4 het teen 'n ekstra koste eksklusiewe gebruik van verhitte plonspoele.
Kansellasiebeleid - Matig
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Magrieta Prinsloo-weg, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang