Kathu Lodge
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 1 Jan 2025.
- Kapasiteit: 34 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooihoutstraat 2, Kathu, 8446, Noord-Kaap
-
Vanaf
R1 350R1 215 per nag, vir 2 mense -
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kathu Lodge is sentraal geleë in 'n spogbuurt in Kathu tussen Kuruman en Upington geleë. Hierdie Noord-Kaapse gastehuis is bekend onder mynmaatskappye en -konsultante wat die ystererts- en mangaanmyne besoek. Toeriste wat graag 4x4-toere aanpak of hou van kamp sal ook baat vind by ons sentrale ligging onderweg na die Kalahari of Botswana. Ons bied ook besprekings op dieselfde dag aan reisigers op die N14, siende dat ons die ideale oornagplek tussen Gauteng en die Diamantkus/Weskus is.
Sonkrag is op die perseel geïnstalleer. Gaste kan 'n warm stort, ligte en WiFi geniet sonder enige onderbreking van beurtkrag. Daar is ook noodproppe in elke kamer, so die laai van jou skootrekenaar of selfoon sal nie meer 'n probleem wees nie.
Die verblyf word in 5 standaardkamers en 2 dubbelkamer-gesinseenhede aangebied. Gaste wat op pad is iewers heen kan ons maaltyd-pakkies of selfsorgverblyf geniet. Ons gesinseenhede het toegeruste kombuise en is perfek vir groot gesinne. Alle gaste het luukse en suite-badkamers, lugversorging, DStv, braaigeriewe en toegang tot die swembadarea. Die lodge het wasgoedgeriewe en parkeerplek,met 'n hoogtebeperking van 2,2 m, op die perseel.
Bekende besienswaardighede in die area sluit die Kalahari Gholfklub met 'n gimnasium en verhitte swembad, die Wonderwerkgrot, Tswalo Wildreservaat, Molopo Natuurreservaat, die Kgalagadi Oorgrenspark en die Witsand Brullende Duine in.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Wiandri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 73
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Rooihoutstraat 2, Kathu, 8446, Noord-Kaap
- Gaste dink Kathu Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kathu Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 34 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rooihoutstraat 2, Kathu, 8446, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang