K&D's Plek
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
K&D's Plek bied lieflike selfsorgvakansieverblyf in die hartjie van Tulbagh. Dit kan 'n wonderlike opsie wees vir 'n groot groep vriende of 'n gesinswegbreek, aangesien hierdie ruim eiendom 'n uitnodigende plonspoel het wat ideaal is vir die somer.
Dié eiendom kan gemaklik altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer en bestaan uit 'n hoofhuis en 'n aparte oopplan-ateljee. Die hoofhuis beskik oor 3 en suite-slaapkamers, terwyl die ateljee ook 'n en suite-slaapkamer het. Al die slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed wat toegerus is met kraakvars wit linne. In die hoofhuis het 2 van die en suite-badkamers 'n bad en 'n stort, terwyl die derde badkamer 'n bad het. Die ateljee se en suite-badkamer het 'n stort. Bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die ruim leefarea van die hoofhuis beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se gerief is 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër ook beskikbaar. Die ateljee se kombuis het 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond en yskassie. Die ateljee het ook 'n sitkamer met 'n TV. Die hoofhuis het 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n sitkamer waar gaste met 'n boek kan ontspan. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om met 'n skemerkelkie te ontspan. Op daardie warm somersdae kan gaste in die plonspoel afkoel. Die eiendom het ook veilige parkeerplek vir gaste se voertuie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Danie Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
- Gaste dink K&D's Plek het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Theron-straat 9, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang