Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kelkiewyn Waterkloof Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiribbokstraat 321, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0046, Gauteng
  • Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kelkiewyn Waterkloof Guesthouse is 'n mooi gastehuis op 'n veilige landgoed in Waterkloof Ridge. Die gastehuis bied gerieflike oornagverblyf vir sakereisigers wat Pretoria besoek en dit is naby die R21-hoofweg.

Die eiendom beskik oor 7 gastekamers wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Drie van die kamers bied 'n selfsorgopsie teen 'n addisionele koste en gaste het dan toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis en sitarea. Die kamers het elk 'n koningingrootte- of 'n koninggrootte-bed. Kamers 1 tot 5 het elk 'n privaat en suite-badkamer en Kamer 6 en 7 deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe wat bestaan uit 'n yskaasie, mikrogolf, eetgerei en breekware. Ander geriewe sluit 'n TV met die volledige DStv-pakket, gratis WiFi, 'n lessenaar en haardroër in.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Die eiendom is naby restaurante, Waterkloof Gholfklub en Rietvlei Natuurreservaat.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Elmari R
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker, skoon, netjies, modern en gerieflik! Baie tevrede met Kelkiewyn Waterkloof Guest House. Verblyf was baie netjies, skoon en modern. Baie mooi a...
Sien meer
Okt 2024
Henk B
Saam met vriende
5.0
Fantastic. We had a great time!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Ida Lombard L
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik alhoewel ons net vir 1 daggie ingeboek was. Personeel baie gaaf. Ons het lekker gebly alhoewel ons nie Sondag oggend water gehad het nie. Da...
Sien meer
Jul 2024
Hugo R
5.0
Gemaklik. Netjiese, skoon, gemaklike plek, met 'n rustige omgewing.
Jun 2024
Hugo R
Besigheidsreis
5.0
Rustig, veilig, vriendelik. Baie netjies en skoon, vriendelike en hulpvaardige personeel.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Paula Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 11

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Rooiribbokstraat 321, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0046, Gauteng
  • Gaste dink Kelkiewyn Waterkloof Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 780
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 780
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooiribbokstraat 321, Waterkloof Ridge, Pretoria, 0046, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA93ff6c3ab9cc4016617b7ef0644d0a8210a7c4c8cef99a65128c701565a4e04ab9a0f89352c3c66d1e102d878055c40eb334?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R780 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 321 Rooiribbok Street Waterkloof Ridge 0046 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.810172619785 28.243006622684

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang