Khol Newman Bed & Breakfast
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Khol Newman Bed & Breakfast bied gasteverblyf en is in die hartjie van Queenstown, in die Oos-Kaap, geleë. Die gastehuis is die ideale basis vanwaar jy die dorp se geriewe en omliggende besienswaardighede kan besoek.
Verblyf by die gastehuis bestaan uit verskeie individueel versierde kamers wat tussen 2 en 5 persone kan akkommodeer. Elke kamer het 'n bed met elektriese komberse en het toegang tot 'n privaat badkamer. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe; Lugversorging kan op versoek gereël word.
'n Volledige Engelse of kontinentale ontbyt kan vooraf gereël word teen 'n ekstra koste, asook middagete, middagetepakkies en aandete. Die gastehuis bied gratis WiFi, 'n gemeenskaplike sitkamer, asook veilige parkeerplek van die straat af vir voertuie.
Khol Newman Bed & Breakfast is ideaal geleë binne 3 km vanaf die middedorp waar daar winkels, restaurante en ander geriewe is om te besoek. Die eiendom is binne 11,5 km vanaf die Bonkolodam geleë, waar gaste piekniek en verskeie watersport kan geniet.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Queenstown Oos-Kaap
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Red Hartebees-weg 7, Queenstown, 5320, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang