Kingfisher's Cove @ Willowcreek Trout And Nature Reserve
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willowcreek Trout And Nature Reserve, Oshoek 69 JT, Erfdeel 4, Dullstroom, 2356, Mpumalanga
- Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Kingfisher's Cove @ Willowcreek Trout And Nature Reserve bied 'n bekoorlike ontvlugting aan diegene wat in die natuur wil ontspan. Dié kothuis is naby Dullstroom en is net 'n paar uur vanaf Johannesburg en Pretoria. Die skilderagtige omgewing, nabyheid aan die Watervalrivier en damme vir forelhengel verseker die perfekte toevlugsoord.
Dié kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoof- en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe,skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Dit lei na 'n groot etenstafel met stoele en 'n sitarea met sitplek en 'n lieflike kaggel.
Die eenheid lei na 'n stoep met buitesitplek en braaigeriewe. Daar is 'n lieflike grasperk voor die huis waar kinders vrylik kan rondhardloop.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Willowcreek Trout And Nature Reserve, Oshoek 69 JT, Erfdeel 4, Dullstroom, 2356, Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Willowcreek Trout And Nature Reserve, Oshoek 69 JT, Erfdeel 4, Dullstroom, 2356, Mpumalanga