Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

King's Lodge Hotel

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Apr 2024 tot 14 Des 2024.

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Vanaf R990 R842 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

King's Lodge Hotel is 'n plattelandse hotel in die hartjie van die sonderlinge dorpie Hogsback. Dit bied gesellige, gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing.

King's Lodge is lekker sentraal geleë en is dus die ideale basis vanwaar gaste die Hogsback-omgewing kan verken. Kom koester die skilderagtige bergroetes en inheemse woude, kyk hoeveel stroompies en watervalle jy kan ontdek, verken Hogsback se galerye en kunsvlytwinkeltjies, of gaan lê besoek af by die omgewing se pragtige tuine met hul helder rododendrons en asaleas. Jy mag dalk selfs die bedreigde grootpapegaai of Samango-apie gewaar.

Kom geniet die dorpie se pragtige lenteblomme, warm somersonskyn, helder herfskleure en sneeutonele in die winter. Die omgewing se vars berglug bied regdeur die jaar geleentheid vir avonturiers om sy fantastiese voetslaan-, bergfiets- en klimroetes te verken.

Ons gesellige kroeg bied 'n kaggel, TV's en 'n braai-area buite. Gaste kan gerus in die sitkamer kom ontspan waar daar ook 'n biblioteek en sekere DStv-kanale is. Ander geriewe op die perseel: kinderspeelarea, swembad, setperk tussen eikebome, trou-venue in die eetkamer of pragtige tuin, konferensiegeriewe en wasgoeddiens.

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Marinda M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese oornag en heerlike kos. Ons het heerlik gebly, details met alles, heerlike kos.
Nov 2024
Ntombovuyo M
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay. Wow, it was great, warm kindness from the whole staff. What a peaceful stay. I'll come again and Kingdlodge is my place...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Greg H
5.0
You have to try the restaurant. We had so much fun. The food was to die for. It was a great break and we really didn't want to leave. E...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Wesley D
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely wonderful relaxing experience. Warm friendly welcome at reception, hassle-free service. Staff were very accommodating and ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Gene N
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige rustige natuur vakansie. Dit was 'n wonderlike tyd wat ons gehad het. Die gasvryheid van die gasheer het ons elke dag op ons gemak laat voel.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Faye Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Gaste dink King's Lodge Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
R 990 R 842
per nag (plek vir 2)
Vanaf R990
R 990 R 842
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhiYTUyMWJkLTVmZDItNGZjZC1iNGFmLTI2ZDM4YWVmMzgzYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R990 nouVanaf R842 per nag (plek vir 2) 70 5 1 5 6 Main Road Hogsback 5721 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.599444444444 26.937222222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang