Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

King's Lodge Hotel

Weeksdagaanbod 15% af

Kry 15% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 13 Apr 2024 tot 14 Des 2024.

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Vanaf R990 R842 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

King's Lodge Hotel is 'n plattelandse hotel wat in die hartjie van die bekoorlike bergdorpie Hogsback geleë is, en bied knus en gerieflike verblyf in 'n rustige omgewing.

King's Lodge Hotel is die ideale basis vanwaar jy alles wat Hogsback kan bied verken. Smul aan skilderagtige bergwandelings, inheemse woude, ontdek talle pragtige strome en watervalle, verken die galerye en handwerkwinkels, of besoek die area se bekende tuine met hul uitstallings van Rhododendrons en Asaleas. Jy kan selfs 'n blik op 'n bedreigde Kaapse papegaai of 'n Samango-aap kry.

Geniet pragtige lenteblomme regdeur die dorp, warm sonskyn in die somer, skouspelagtige kleure in die herfs en die sneeutonele in die winter. Die area bied kraakvars berglug, en die hele jaar deur geleenthede vir die avontuurlustige reisiger met wonderlike stap- en bergfietsroetes, en klimroetes.

Daar is 'n knus kroeg met 'n kaggel, TV-sitkamer en 'n buitebraai-area. Gaste is welkom om te ontspan in die gesinssitkamer en biblioteek wat met sekere DStv-kanale toegerus is. Ander geriewe sluit 'n swembad, 'n rolbalbaan tussen die eikebome, trougeriewe in die tradisionele eetkamer of in die lieflike tuine, konferensiegeriewe en 'n wasgoeddiens in.

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 70 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Marinda M
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese oornag en heerlike kos. Ons het heerlik gebly, details met alles, heerlike kos.
Nov 2024
Ntombovuyo M
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderful stay. Wow, it was great, warm kindness from the whole staff. What a peaceful stay. I'll come again and Kingdlodge is my place...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Greg H
5.0
You have to try the restaurant. We had so much fun. The food was to die for. It was a great break and we really didn't want to leave. E...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Wesley D
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely wonderful relaxing experience. Warm friendly welcome at reception, hassle-free service. Staff were very accommodating and ha...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Gene N
Gesin met klein kinders
5.0
Pragtige rustige natuur vakansie. Dit was 'n wonderlike tyd wat ons gehad het. Die gasvryheid van die gasheer het ons elke dag op ons gemak laat voel.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Faye Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 70

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • Gaste dink King's Lodge Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
R 990 R 842
per nag (plek vir 2)
Vanaf R990
R 990 R 842
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 6, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhiYTUyMWJkLTVmZDItNGZjZC1iNGFmLTI2ZDM4YWVmMzgzYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R990 nouVanaf R842 per nag (plek vir 2) 70 5 1 5 6 Main Road Hogsback 5721 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.599444444444 26.937222222222

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang