Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klein Akkerdraai Lodge

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Klein Akkerdraai Lodge is 'n pragtige ou Kaaps-Hollandse huis wat tussen ou akkerbome staan en bied rustige luuksheid en pragtige uitsigte van die blou berg. Die lodge is tussen Stellenbosch en Somerset-Wes, in die hartjie van die pragtige Four Passes-roete. Dit is die ideale basis vanwaar die Kaap verken kan word.

Verblyf is in elegante kamers beskikbaar met groot, gemaklike beddens en 'n rustige, prentjiemooi styl. Elke kamer het 'n haardroër, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi.

Ontbyt word soggens bedien met vars aarbeie wat op die plaas gepluk word tydens aarbeiseisoen.

Die lodge het 'n groot, gemaklike sitarea en eetarea, asook 'n buite-eetarea met 'n ingeboude braai. Gaste kan in die swembad baljaar of op 'n sonstoel uitspan.

Daar is pragtige opstalle, vrugteplase, wingerde, historiese dorpies en asemrowende berguitsigte in die omgewing. Die Four Passes-roete lei verkenners deur die vallei van die Eersterivier en die Bergrivier na Somerset-Wes, Grabouw, Franschhoek en Stellenbosch. In die Lente is hierdie gedeelte van die wêreld vol veldblomme. In die somer en in herfs is die vrugteplase vol vrugte.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Patricia R
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gebly. Alles was skoon en netjies en die diens was puik. Sien sterre.
Okt 2024
Sidney B
Saam met vriende
5.0
Good value for money and pleasant surroundings and comfortable accommodation. Clean and comfortable. Good value for money and convenien...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Frik O
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Baie gasvry. Perfekte ligging. Verskriklike lekker plek.
Apr 2023
Johannes P
Besigheidsreis
4.8
Vriendelik, pragtig, waarde vir geld. Trappe na die kamer was steiler as wat gekommunikeer is, maar andersins was dit 'n wonderlike ervaring, ongeag d...
Sien meer
Apr 2024
Sharne V
Saam met lewensmaat
5.0
'n Egte Kaapse plaaskuier. Klein Akkerdraai is vol geskiedenis wat 'n storie vertel van harde werk en Kaapse mense.
Mrt 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 11

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klein Akkerdraai Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Annandale-weg, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9dbda7bd3075b9570ac875e5c19c37521de96c12e8817c441167504b18deefa1ee58c9d76848ed0bcc6698d1391655c3465d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 11 5 1 5 Annandale Road Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.996989352526 18.830127025795

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang